Data prosseseerder & tegniese bystand
Sy ry ‘n Ford-bakkie en hou van wyn. Elsie, wat ‘n doktersgraad in Organisasieontwikkeling het, se liefde vir Brangus het by haar pa, oom Jannie Campher, begin. Oom Jannie was deel van die stigting van die Brangus-ras in Suid-Afrika.
Campher het grootgeword op die plaas Helpmekaar in die Harrismith-omgewing, waarna sy in 2012 haar eie Brangus-stoet begin het. Campher boer nie net met Brangusse nie, maar sy plant ook mielies, sojas, en suikerbone – dis nou as ek haar nie te veel besig hou met Brangus-dinge nie, meen sy.
Op ‘n af dag ry sy graag fiets, speel golf, of stap in die Drakensberge. Fietsry in ‘n vreemde land beskou sy as een van haar vele gunsteling vakansie-aktiwiteite. Net soos alles deesdae ervaar Elsie landbou in Suid-Afrika tans ook maar as ‘n uitdaging, maar is dankbaar dat sy kwaliteit kos kan voorsien aan beide mense en diere. Haar raad aan opkomende vroulike boere is “Never give up trying, living your dream is not easy.”
Elsie beskryf haar vroulike Brangusse as ongelooflike moeders met die mooiste koppe van alle beesrasse. Sy teken op ‘n gemiddeld 350 verskalwers aan per jaar met ‘n gemiddelde geboortegewig van 30kg en 192kg as gemiddelde speengewig op die verskalwers. Elsie spog ook al sedert 2018 met ‘n 3-ster-gradering vir Breedplan se “completeness of performance”.
Dit is vir ons by die Brangus-kantoor ‘n groot eer om met iemand so toegewyd soos Elsie te werk wat alles insit om haar boerdery ‘n groot sukses te maak
“Wanneer jy ‘n besluit maak moet jy drie opsies hê, nie net twee nie, die derde opsie is baie keer die een wat jou uit die boks laat dink!!!”
– Doktor Elsie Campher
Not only is she a third-generation Brangus breeder but also an Occupational Therapist who still practices. Sarah Green from Harmony Brangus stud obtained her Bachelor of Occupational Therapy specialized in Sensory Integration from Tuks, where she learned to speak Afrikaans.
Sarah is also the granddaughter of Raymond Green, who was also one of the founders of the Brangus breed in South Africa and owns the title of the oldest Brangus stud in SA (1963).
Her story started long before she was born, even though she did not want to reveal her age; her passion for Brangus is in her blood. She grew up on the family farm between Ladysmith and Bergville surrounded by Brangus cattle; she loves to be around them.
Sarah says there is nothing quite as beautiful as a Brangus cow; they are feminine and look well after their offspring. Sarah describes agriculture currently in South Africa as challenging with minimal profit margins but finds it rewarding at the same time. Being able to create jobs for the unemployed is such a blessing to her.
She feels inspired by other females entering the agriculture sphere; her advice to them is, “You are capable of more than you think. When people say you cannot do it, use that to fuel the fire for your passion. Also, females have an eye for detail, so the male farmers need us.”
The Harmony Brangus Stud currently consists of about 3100 female animals. Sarah is also one of our senior inspectors. Since 2022 she has inspected on average about 820 Brangus animals per year.
With a plate this full, I hope she finds time for those “sokkie dans” evenings with her fiancé.
“Comparison it the thief of joy. Stick to your strengths and get help for your weaknesses. Stay humble and keep learning!!!”
– Sarah Green
Reinet Meyer van die Bruljant Brangus Stoet te Bloemfontein se prentjie lyk vandag heelwat anders as die “IT” waarvoor sy destyds gaan studeer het. Behalwe vir boer werk sy ook in die dierewelsynbedryf, dit is absoluut haar passie en besigheid om dieremishandeling te voorkom. Op haar rusdae spandeer sy soveel tyd moontlik tussen haar beeste.
Reinet het altyd wyle Kobie Coetsee se diere bewonder en dis waar haar liefde vir die Brangusras vandaan kom. Hier het sy vir haar ses koeie en twee bulle gekoop, nog oningelig, het sy gedink ses koeie het twee bulle nodig.
In die begin het sy niks van beeste geweet, honger vir inligting, het sy by die ouer oomies gaan staan (Schalk van Oudtshoorn, Ido Schroeder, Dries Delport, Pieter Swart en Johan du Plessis). Hierdie manne het haar van genetika geleer en alles van Brangus.
Reinet het ook al titels behaal soos Nuwe teler van die jaar, Beste jong teler van die jaar, Vroulike teler van die jaar, haar diere het ook al hoogtes bereik oor die jare op die Nasionale skoue – te veel om alles te noem.
Die feit dat hulle so rustig en gemaklik is, fyn in vroulikheid met die mooiste koppe is Reinet se rede hoekom sy met geen ander ras ooit wil boer nie. Sy het nog nooit nodig gehad om oor haar skouer te kyk om te sien of sy gestorm word nie.
Reinet se raad aan opkomende boere is presies hoe sy geleer het, staan by die ouer oomies en tannies, “staan net en luister, vra as jy nie verstaan nie, aanvaar hulp en raad, daar is ‘n magdom wysheid in ouer mense, die kennis is daar, wees net bereid om te luister”.
Mag ons jong boere net soos Reinet wysheid in die kraal opdoen!
“As jy suksesvol wil wees laat jou spore maar op jou plaas wees en hou jou oog op jou diere.”
– Reinet Meyer